Die regte noot was die Voriesaamtrek noot en dis hoe ons dagbestuur en offisiere die nuwe jaar aangepak het.
Die naweek was gehou by die Hartebeesfontein Voortrekkerplaas saam met al die Kommando’s van Transvaal Gebied. Altesaam was daar omtrent 380 mense op die saamtrek gewees. Verskeie kursusse was aangebied gewees ondermeer spanhantering, admin, fotografie en bemarking, en sommer ‘n klomp ander. Die jaar was tot ‘n Wynkennis kursus aangebied.
Die Saterdag oggend het Genl. Johan Jooste vir ons ‘n aanbieding gedoen oor die geveg teen renosterstropers. Rietvallei Kommando is geloof oor hul betrokkenheid met die projek. Ons kommando is ook as ‘Voorste Vories’ van 2018 aangewys en stap weg met die wisseltrofee. Groot dank aan Carinda Habig en Riaan du Preez vir die dryf van die projek.
Hiermee ‘n kort opsommingsvideo vanaf die Fotografie Kursus wat gedoen is.