Die Proteas, ‘n Gr2 span van die Rietvallei Voortrekkerkommando is besig om Eco Bricks te bou! Hulle offisier, Ria Oberholzer, het tydens ‘n besoek aan die Two Oceans Aquarium gehoor van die Eco Bricks projek.
Plastiek word amper nooit afgebreek nie en die hoeveelheid plastiek in ons oseane het krisisproporsies bereik. Die EcoBrick projek behels dat 2 liter koeldrankbottels gevul word met onherwinbare plastiek bv. lekkergoedpapiere, chipspakkies, gebruikte foelie en Glad Wrap. Dit word by die bottel ingeprop tot jy nie meer die bottel kan platter druk met jou hand nie. Die gemiddelde gesin het 2 bottels per week volgemaak.
Die vol plastiekbottels word dan by sentrale punte afgelew
er vanwaaar dit dan versprei word na mense om dit in projekte te gebruik as bakstene vir bv die bou van huise.
Die projek slaan 2 vlieë met een klap:
- Daar is minder plastiek wat rond lê en in die see beland
- Geleenthede word geskep vir mense om huise te bou met herwinde materiaal
Die span bestaan uit 10 lede. Ons het ‘n groep baie betrokke ouers en ‘n hulp offisier, Coralie Vermaak.