Rietvallei Fietsry Kaskenades

Aanbiedinge

  • Graad 1/2/4/6 – Rietvallei Fietsry Kaskenades – R160
  • Graad 3 – Fietsry Spesialisasie – R160
  • Graad 5 – Fietskunde Spesialisasie – R160
  • Graad 7 & Verkenners – Deurnag fietskaskenades – R220
  • Volwassenes – Dag Meeloper – R110

Waneer:

Graad 1 – 6 : Saterdag 14 September 2019 – 07h00 – 15h00
Graad 7/Verkenners – Vrydag 13 September 19h00 – Saterdag 06h00

Sluitingsdatum 30 Augustus 2019
(Rietvallei lede inbetaling – 27 Augustus 2019)

 

Waar:

501 Jochemus Str,
Erasmuskloof.

Kleredrag:

Alle jeuglede en ingeskrewe volwassenes moet aktiewe drag aan hê. Valhelm – geen kind/persoon mag sonder ‘n valhelm ry nie. ‘n Beperkte voorraad valhelms sal beskikbaar wees op die dag om te huur.

Tydsduur:

OORSLAAP – Geen oorslaap vir 2019 PD’s nie.

VERKENNERS DEURNAG – Deurnag Fietskaskenades (19:00 Vrydagaand tot 06:00 Saterdagoggend).

DAGPROGRAM (GGA) Fietsry, Fietskunde en Fietsrykaskenades begin Saterdag om 7h00 met registrasie en eindig om 14h00.

Snoepie:

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Onthou dus die sakgeld.
Inskrywingsfooi sluit iets te ete en ’n koeldrank in vir middagete.

Volwassenes:

Voorsien asseblief een volwassene vir elke 10 jeuglede of span wat u inskryf. Veilige parkering is beskikbaar. Indien ouers saam met die groepe wil beweeg, en het nie voor die tyd by Rietvallei ingeskryf nie, moet hulle die R40 terreinfooi aan Wolwespruit op die dag betaal. Meelopers wat by Rietvallei inskryf betaal R110 (parkering, dagfooi op terrein, middagete, tee en koffie ingesluit).

Inskrywings: Vul asseblief ‘n aparte vorm vir elke span in.

Volg die skakel na Aanlyn Inskrywings

 

Of gebruik hierdie excel-vorm om jou hele span mee in te skryf:

RFK-Inskrywing-2019.xlsx (59 downloads)

 

Laai die inligtingsdokument af  2019 RFK Inligting

Sertifikate word uitgereik volgens die spelling op inskrywingsvorm gebruik. Maak asseblief seker dat die reg voltooi word.
Wanneer die jeuglid aan die einde van die dag vertrek, is hy/sy reeds in besit van Kenteken en Sertifikaat. – geen sertifikaat sal onvolledig uitgereik word nie – dus moet al die inligting op die inskrywingsvorm aangedui word. Geen inskrywings word op die dag aanvaar nie!

Inskrywingsfooi:

Begunstigde: Rietvallei Voortrekker Kommando
Bank: ABSA
Tak: 336 445 (Moreleta Park )
Rek: 0600 173 308
Verwysing:Kommandonaam
Faks strokie en inskrywingsvorms na: 086 650 0806 of epos na
Rietvallei.Voortrekkers@gmail.com
Geen inskrywing sal aanvaar word sonder betalingsbewys
nie (Geld en inskrywingsvorms moet mekaar
vergesel)
Laat inskrywings fooi=R20 per persoon sal gehef word

Enigiemand is welkom om die bane en ander fasiliteite by Wolwespruit te gebruik op die dag, al is hulle nie deel van ons aktiwiteite nie. Ingangsfooi is R40.00 per persoon.