
Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 6 tot 8 Mei 2022.
Die Volgende PD Spesialisasies word aangebied:
- Graad 1 – Ek Weet (A)
- Graad 2 – Noodhulp (A)
- Graad 3 – Paraatheid (A)
- Graad 4 – Groot Trek (B)
- Graad 5 – Spanseremonies (B)
- Graad 6 – Persoonlike Versorging (B)
- Graad 7 – Voorslag Voorbereiding
Die Volgende Verkenner Spesialisasies word aangebied:
- Waardes
- Spyseniering (Gr 10 tot 12 – Slegs 10 plekke)
- Radiospraak
- Nutsman
- Vliegkuns (Gr 10 tot 12 – Slegs 20 plekke) word aangebied op 3 tot 5 Junie
Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 25ste April 2021 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies.
Hier is die Spesdag Inligtingsdokument en Inskrywingsvormopsomming wat deur jou kommando ingevul moet word.
Die verskillende spesialisasies word by die volgende plekke aangebied:
Graad 1 tot 3 is Saterdag (GGA) 7 Mei by Petrusstraat 741, Rietvalleirand
Graad 4 tot 6 is van Vrydag tot Sondag (GGN) by Petrusstraat 741, Rietvalleirand.
Graad 7 is Vrydagaand by Petrusstraat 741, Rietvalleirand en Saterdag by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark
Waardes is net Saterdag 7 Mei, is by die Nederduitsch Hervormde Kerk Rietvallei in Elarduspark.
Spyseniering word die naweek by Jochemstraat 228, Rietvalleirand aangebied.
Nutsman word die naweek by Jochemstraat 228 Rietvalleirand aangebied
Vliegkuns word die naweek van 3 tot 5 Junie aangebied by Fly Inn Landgoed tussen Pretoria en Bapsfontein. Vir meer inligting kliek hier.
Inskrywings Dokumentasie
Inskrywings en betalings moet aan jou eie kommando gestuur word. Hulle sal dan die opsomming en bewys van eenmalige betaling aan ons stuur. Volg dus jou kommando gereeld op om te verseker dat jy wel ingeskryf is.