Die spog geleentheid deur Rietvallei Voortrekkerkommando vind 2 keer per jaar na verskillende kerke in ons omgewing plaas. Ons is trots om kinders van die Here te wees en daarom wil ons graag ons kinders aanmoedig om deel te neem in die aktiwiteit.
10 Maart 2019 – NG Elarduspark
Druk op die onderstaande Kaart om die te vergroot:
Waar:
Die Japsnoete (GrR-Gr3)- Parkie Tussen Gabbro en Muskowiet Straat
Ouvolk (Gr4 – Gr7) – Spar Sentrum in Barnard Straat
Verkenners (Gr8 – Gr 12) – Pick & Pay Sentrum by h/v Boeing en Piering Straat.
Kleredag:
Streng Formeledrag. Maak asb seker jou erkenningsbaadjies reg is.
Donkerblou denims met kouse en tekkies. Geen geskeurde of driekwart denims nie asb.
Geen spanbaadjies of warm baadjies nie, dit is nie deel van formeledrag nie en kinders raak vinnig warm met die stap.
Chompkaartjies
Laai die Kaartjies hier af;
- PDF Weergawe : ChompKaartjie2019print.pdf (275 aflaai)
- PNG Weergawe : ChompKaartjie2019Print.png (198 aflaai)
Dit is Rietvallei kommando se instelling om CHOMP kaartjies uit te deel aan al die kerkbywoners, let wel die kaartjies word nie aan Voortrekker kinders uitgedeel nie.
Elke spanlid moet asseblief 3 chomp kaartjies voorsien. Die kaartjies moet gelamineer word en dan moet ‘n Mini-Chomp aangeheg word met kleefband. Geen krammetjies nie asb, dit beskadig die kaartjie. Kaartjies kan ook gedruk en lamineer word by Nina. Ons vra dat die offisiere die kaartjies reeds versamel voordat jul met die stap begin anders smelt die sjokolade met die stap.
Kinders is welkom om die agterkant van die kaartjies te versier maar die voorkant moet asseblief skoon bly. Egter geen name agter op die kaartjies nie asb, verkieslik net prentjies opplak, inkleur of n Bybel versie of n geparste droë blommetjie of twee.
Spanvaandels
Elke span is welkom om sy span vaandel te vertoon. Dit is wel nie verpligtend nie. Daar word net met die vaandels gestap en offisiere moet asseblief die inneem voordat die kerkdiens begin.
Spanvaandels moet gemaak word met die volgende spesifikasies. Die woorde ‘Die Voortrekkers’ moet daarop voorkom en vanaf die jaar word die Voortrekkerwapen ook ingebring op die vaandel.