Graad 7 Evalueringsdag

Rietvallei Voortrekkers bied aan die Graad 7 Evalueringsdag op SATERDAG 23 JULIE 2022

Na afloop van die dag ontvang elke kind n lys met toetspunte met relevante kommentaar.

Betrokke Kommandos mag dan die uitslae in aanmerking neem vir die uitreiking van die Graad 7 Dagbreek Graadwiel.

SLEGS EERSTE 120 INSKRYWINGS WORD AANVAAR.

WAAR: Petrusstraat 741, Rietvalleirand

TYDSDUUR:
SATERDAG 23 JULIE 2022
07:00 tot 07:15 Registrasie. Die program sal om 18:00 afsluit.
Wees asseblief betyds. Ons wil stiptelik begin.

KOSTE:
R100.00 vir die dag. Dit sluit toegang, teoretiese en praktiese toetsing en ‘n volledige evaluasie. ‘n Ligte ete en koeldrank vir middagete word ook hierby ingesluit.
GEEN LAAT INSKRYWINGS WORD AANVAAR.

Offisiere, ouers en meelopers betaal R70.00 toegang en dit sluit die koste van ‘n ligte ete en koeldrank vir middagete in.
Elektroniese oorbetaling aan: Rietvallei Voortrekker kommando.

ABSA Bank:
Moreletapark
Takkode: 336-445
Rek nr: 0600-173-308
Verwysing : KOMMANDONAAM en VAN Bv. Rietvallei Smit

DRAG:
Formele Voortrekkerdrag (onderbaadjie volgens Prospektus word ook getoets)

SLUITINGSDATUM:
Vrydag 8 Julie 2022

INSKRYWINGS:
Inskrywings, tesame met bewys van betaling, moet ge-epos word.
E-pos adres: rietvallei.voortrekkers@gmail.com
Navrae kan gerig word aan Arno Jacobs 083 254 4561

BRING SAAM:
2 Speletjies soos voorberei vir Voorslagkamp
Liedjies soos voorberei vir Voorslagkamp
Snoepiegeld

KEN:
4 Seremonies se bevele en alle posisies.
Ken alle teorie soos in Gr 7 Graadwielboek.

BELANGRIK
Vul die elektroniese inskrywingsvorm asb volledig in.

Inligtingsbrief ;
Kliek hier.

Inskrywings Vorm;
https://forms.gle/RYRWsHQBkiLqpsfa9