Ons jaarlikse vaandelloop na NG Elarduspark vind plaas op 25 Maart.
- Japsnoete – Parkie tussen Gabbro- en Muskowietstrate
- Ouvolk – Spar sentrum in Barnardstraat
- Beterweters – Pick & Pay sentrum h/v Boeing- en Pieringstrate
Almal begin 07:00 te stap sodat ons 07:30 by die kerk is. Die kerk begin 08:00 so dit gee ons dan genoeg tyd om ordelik in die kerk in te beweeg.
As jou span ‘n vaandel het bring saam, indien nie ontspan. Dit is die gemeente se Palmsondag, daar sal dus palmtakke by die onderskeie punte beskikbaar wees waarmee die spanne ook kerk toe kan stap. Hierdie takke word dan voor die diens voor in die kerk geplaas deur Voortrekkers.
Drag vir alle Voortrekkers is formeel: langbroek, skoene, onderbaadjie en hare gekam. Offisiere sit tussen die kinders in die kerk om orde te handhaaf. Alle chomp kaartjies word voor die diens ingeneem en uitgedeel aan die gemeente na die tyd. Daar word met party van die Beterweters gereël om tydens die tweede diens ook die palms in die kerk te plaas.
Die skakel na die chompkaartjies as volg;
ChompKaartjie2018-PalmSondag.pdf (288 aflaai)