Kom ondersteun ons die jaar vir CANSA se Shavathon wat gehou geword op 24 Februarie 2018
Die jaar gaan ons Rietvallei Voortrekkers die volgende sentrums invaar.
- Penkoppe en Drawertjies : Woodlands Winkelsentrum
- Verkenners : Irene Winkelsentrum.
Die jaar gaan ons Groot! . Kom wys jou ondersteuning vir iemand wat kanker het of gehad het. Die is ons geleentheid om so-bietjie terug te gee aan die gemeenskap om fondse te help insamel vir kanker pasiënte en ondersteunings dienste.
Nooi ook al jou geliefdes en familie en vriende om saam deel te neem.
Kom gee Liefde en Hoop. Kanker kan gewen word!.
Verdere Inligting op http://www.shavathon.org.za/
Die Luiperdspan mis hierdie vir niks nie!!!!
Ons klein bydrae vir ‘n ongelooflike projek!