Rietvallei Voortrekkers nooi jou en jou maatjies uit na ons Voortrekkers se Waatlemoen fees wat gehou word by Laerskool Elarduspark. Die dag is ook ons amptelike Voortrekkers Opening dag vir 2018. Wat n heerlike manier om die Voortrekker jaar me te begin. Daar wag nog groot verrassing op julle met die opening.
Kinders van Gr R tot Gr 12 is baie welkom om die by te woon dan kan jy sommer self ervaar hoe lekker die Voortrekkers is. Die aangeleentheid is oop vir alle kinders, nie net die Voortrekkers nie.
Ingang is gratis.
Ons gaan amptelik 5uur begin en dan sal ons 6:30nm weer klaar wees.
Trek jou ou klere aan en bring sommer ook n handdoek saam, en kom vier die nuwe jaar saam met ons.
As jy sou belangstel om as nuwe lid of meer inligting te bekom oor die voortrekkers, kan jy sommer jou besonderhede vir ons stuur deur die vom te voltooi.