Op die 4de Mei is inlywing van ons nuwe lede. Die funksie vind plaas by Fly Inn Estate . Almal moet asb daar wees om die nuwe spanmaats te ondersteun.
AANWYSINGS:
• Vanaf Elarduspark Sparsentrum: Draai regs in R50 (Delmas pad)
• Ry 16 km op R50 Delmas pad (ry verby Rietvlei View Estate aan linkerkant van pad en verby Corrobrick aan regterkant van pad)
• Draai regs by Elandsfontein bord
• Volg grondpad vir 4.1 km en draai links (in die rigting van Fly Inn Estate)
• Ry 1.8 km (verby koeldrank plek aan regterkant) en draai links by bord
• Volg pad en draai in by hek (‘hangers’ sal nou gesien kan word)
• Neem kennis dat Rietvallei-aanwysingsborde op die draaipunte aangebring sal wees. Die grondpad is nie sleg nie, maar ry asb. versigtig om die draaie.
SAAMBRING:
1. Eetgoed: 3 happies SOUT per seun
3 happies SOET per dogter
2. Volwassenes en Verkenners bring eie stoele
3. Penkoppe en Drawwertjies – komberse om op te sit
4. Alle Voortrekkers moet geklee wees in Formele drag
5. Die geleentheid vind buite plaas, bring asb. warm baadjies