Ons Graad 7 Evalueringsdag word hierdie jaar aangebied op Saterdag 23 Julie 2022. Is jy reg vir Voorslagkamp? Hierdie dag sal jou ‘n goeie aanduiding kan gee. Die dag word weer aangebied vir alle kommandos. Skryf vinnig in plekke is beperk tot 120 inskrywings. Vir meer inligting kliek hier.
Kategorie: Graad 7’s
Rietvallei Spesnaweek
Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 6 tot 8 Mei 2022. Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 25ste April 2022 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies. Druk hier vir verdere inligting.
Seremonie Vaardighededag – 18 April 2020
Rietvallei Voortrekkers bied ‘n Teoretiese en Praktiese Seremonievaardighededag aan. Daar is ‘n groot behoefte onder Graad 7’s om seremonievaardighede te bemeester met die oog op Voorslag. Besonderhede Kleredrag : Aktief Tydsduur: Saterdag 18 April 8:00 tot 16:00 Kostes: R100 per persoon – Geen inskrywings sal op die dag aanvaar word nie. Etes: Inskrywingsfooi sluit ‘n…
Intreekursus 11 Maart 2020
Ons bied weer die Intreekursus aan op 11 Maart 2020 van 17:45 tot 21:30. Hierdie kursus word aanbeveel vir alle nuwe offisiere. Die kursus is gratis vir alle Rietvallei offisiere en R70 vir alle offisiere van ander kommandos. Gaan gerus na die volgende skakel om in te skryf: Rietvallei Intreekursus Inskrywingsvorm
Nuwe Ouers Inligtingsessie
Alle ouers wat belangstel om hul kinders in te skryf by Rietvallei Voortrekkerkommando is welkom om ons inligtingsessie by te woon. Datum: Maandag 3 Februarie 2020 Tyd: 17:15 Plek: 741 Petrusstraat Rietvalleirand
Graad R & Graad 1: Eerste Spanbyeenkoms
Alle Graad R & 1 ouers en kinders kom Maandag 3 Februarie 2020 om 17:15 na Petrusstraat 741 Rietvalleirand. Die kinders sal hul eerste spanbyeenkoms bywoon en ouers sal al die nodige inligting ontvang om by die Voortrekkers aan te sluit.
Babalela hou konsert tydens Kermis
Babalela – Martie Preller Verwerking en Regie deur Dulinda Pieters (EnterActive Productions) Die eerste gedagte wat by ‘n mens opkom waneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier. Die Babalela is ‘n eienaardige diertjie wat diep in die donker bos woon saam met ‘n klompie ewe eienaardige maatjies. Daar…