Ons Graad 7 Evalueringsdag word hierdie jaar aangebied op Saterdag 23 Julie 2022. Is jy reg vir Voorslagkamp? Hierdie dag sal jou ‘n goeie aanduiding kan gee. Die dag word weer aangebied vir alle kommandos. Skryf vinnig in plekke is beperk tot 120 inskrywings. Vir meer inligting kliek hier.
Skrywer: Arno Jacobs
Rietvallei Vliegkuns Naweek
Vliegkuns word die naweek van 3 tot 5 Junie 2022 aangebied by Fly Inn Landgoed tussen Pretoria en Bapsfontein. Vir meer inligting kliek hier.
Rietvallei Spesnaweek
Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 6 tot 8 Mei 2022. Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 25ste April 2022 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies. Druk hier vir verdere inligting.
Rietvallei Vliegkuns
Vliegkuns word die naweek van 28 tot 30 Mei 2021 aangebied by Fly Inn Landgoed tussen Pretoria en Bapsfontein. Vir meer inligting kliek hier.
Rietvallei Spesnaweek – GGA/GGN
Rietvallei bied ons jaarlikse GGA/GGN Spesialisasie Naweek aan van 7 tot 9 Mei 2021. Let asseblief op dat alle inskrywings alreeds die 27ste April 2021 sluit. Daar is slegs beperkte plekke vir sommige van die spesialisasies. Vir meer inligting gaan na http://rietvallei.voortrekkers.org.za/kommando-aanbiedinge/rietvallei-spesnaweek-gga/
Seremonie Vaardighededag – 18 April 2020
Rietvallei Voortrekkers bied ‘n Teoretiese en Praktiese Seremonievaardighededag aan. Daar is ‘n groot behoefte onder Graad 7’s om seremonievaardighede te bemeester met die oog op Voorslag. Besonderhede Kleredrag : Aktief Tydsduur: Saterdag 18 April 8:00 tot 16:00 Kostes: R100 per persoon – Geen inskrywings sal op die dag aanvaar word nie. Etes: Inskrywingsfooi sluit ‘n…
Intreekursus 11 Maart 2020
Ons bied weer die Intreekursus aan op 11 Maart 2020 van 17:45 tot 21:30. Hierdie kursus word aanbeveel vir alle nuwe offisiere. Die kursus is gratis vir alle Rietvallei offisiere en R70 vir alle offisiere van ander kommandos. Gaan gerus na die volgende skakel om in te skryf: Rietvallei Intreekursus Inskrywingsvorm
Nuwe Ouers Inligtingsessie
Alle ouers wat belangstel om hul kinders in te skryf by Rietvallei Voortrekkerkommando is welkom om ons inligtingsessie by te woon. Datum: Maandag 3 Februarie 2020 Tyd: 17:15 Plek: 741 Petrusstraat Rietvalleirand
Graad R & Graad 1: Eerste Spanbyeenkoms
Alle Graad R & 1 ouers en kinders kom Maandag 3 Februarie 2020 om 17:15 na Petrusstraat 741 Rietvalleirand. Die kinders sal hul eerste spanbyeenkoms bywoon en ouers sal al die nodige inligting ontvang om by die Voortrekkers aan te sluit.
Graad 7 Evalueringsdag – 20 Julie 2019
Rietvallei Voortrekkers bied Graad 7 Evalueringsdag aan op SATERDAG 20 JULIE 2019 Na afloop van die dag ontvang elke kind n lys met toetspunte met relevante kommentaar. Betrokke Kommando’s mag dan die uitslae in aanmerking neem vir die uitreiking van die Gr7 Dagbreek Graadwiel. SLEGS EERSTE 100 INSKRYWINGS WORD AANVAAR. WAAR: Laerskool Elarduspark, Albertonstraat 548,…