Word Deel

Ons as Voortrekkers is ʼn Moderne Afrikaanse Kultuurbeweging wat in besonder ons Afrikaanse jeug wil bemagtig deur ons jeug te help ontwikkel om positiewe Burgers en volhoubare Christene te wees om so doende Diensbaar te wees om ons as Afrikaners se toekoms Vorentoe te kan bou.

Ons bied jou kind die geleentheid om:

  • Avontuur in die natuur te beleef,
  • Te leer van ons moderne Afrikanerskap,
  • Praktiese Christenskap te ervaar, en
  • Basiese vaardighede te ontwikkel met tot 92 verskillende kentekens.
  • Pret te hê saam met hul gesin en spanmaats in ʼn veilige omgewing.

As ouer is dit belangrik om te weet dat Voortrekkers

  • Jou kind toerus met ‘n ABCD – Afrikanerskap, Burgerskap, konsekwente Christenskap en Diensbare Leierskap. Kritiese vaardighede vir die besigheidswêreld van môre.
  • Jou as ouer ook betrokke maak om saam met jul kinders avontuur te kan beleef in ʼn gebalanseerde en waardegedrewe ruimte.
  • Jou kind se selfvertroue ontwikkel deur hulle veilig bloot te stel aan onvergeetlike ervarings.

Span Byeenkomste

Spanne kom gemiddeld vir 1 uur bymekaar per week by die spanoffisier se huis of by die voortrekker plot bymekaar. Byeenkomste is gewoonlik op Maandae van 17:00 tot 18:00 maar kan ook wissel tussen spanne om sodoende almal in die span te probeer akkommodeer.

Kommando Byeenkomste

Verskeie voortrekker kommando byeenkomste word deur die jaar gereël. Die word vooraf op ons Jaarprogram aangedui. Teken ook in op ons nuusbrief want baie informasie en kommunikasie word ook per epos versprei.

Hoe om deel te word

Voltooi eerstes ons nuwe lede navraag elektronies om sodoende jou en jou kind(ers) se besonderhede vir ons deur te stuur. Die word dan na die gepaste offisier vir die span deurgegee om dan met jou kontak te maak en jou by te staan om by die Voortrekkers in te skryf.

Nuwe Lede Navraag

Jy is ook enige tyd welkom om direk kontak te maak met die Adjunk PD of Verkenner Leier