Ystervarke besoek Heneka Haven

Ystervarke besoek Heneka Haven

– ‘n huis vir gestremde weeskinders

   So breek die nuwe jaar aan en die Ystervarke verwelkom 3 nuwe lede. Deur al die dol en deurmekaarheid van reëlings tref en inligting deurgee, word ons span in kennis gestel van ‘n onmiddelike nood by ‘n huis van gestremde weeskinders in Elarduspark – Heneka Haven.
Die Ystervark ouers besluit om saam items vir hulle in te samel en in ons spanbyeenkomstyd op Maandag, die 11de Februarie, die items self te gaan aflaai. Die Ystervarke het sommer gestap na die huis toe, want dis ‘n klipgooi van die Offisier se huis af.

Ons is verwelkom deur Tannie Hanna, wat ons bedank het vir ons bydraes. Tannie Lorè (een van die Ystervark-mammas) het ons begelei deur die kamers waar die kinders slaap, speel en terapie ontvang. Meeste van hulle is bed-lêend, agv breinskade of gestremdhede. Van die kinders is gebore met ‘n gestremdheid, ander het breinskade agv mishandeling. Hierdie kinders word by die huis geplaas deur die welsyn. Huidiglik is daar 11 kinders wat gehuisves word.

Ons Ystervarke is diep geraak deur die ervaring en het baie daaruit geleer. Die seuns kan nie genoeg uitgepraat raak oor die ervaring nie. So leer die Ystervarke, deur die gebaar, van dankbaarheid en wat dit is om ware liefde te betoon.

Ons het besluit dat ons dit ‘n gereelde instelling gaan maak en gereeld besoeke gaan aflê.
Vir enige navrae oor hoe om betrokke te raak, skakel gerus Lorè op 082 418 4639.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui