Rietvallei Offisiere Kamp

 

Waaroor is die Kamp?

Jaarliks moet ons hele trop ook bymekaar kom om beplanning te doen vir die jaar wat voorlê. Dit is dan op die geleentheid wat ons ook ons nuwe trop lede verwelkom en hul deel laat word van ons familie.
In die Voortrekker Kommando is ons almal deel van ‘n span, ons kinders is elkeen in ‘n span opgedeel soos die Koedoes, Swaeltjies, Renosters ens. So ook ons offisiere. Ons almal is deel van die Bobbejaanspan en ons is trots om n bobbejaan te wees. Natuurlik is ons as bobbejane baie sosiaal en geniet dit soms om in mekaar se slaai te krap.

Die Rietvallei Offisierekamp is dan ook verpligtend vir alle Bobbejane

Wanneer?

15 Februarie 2019 17:00 tot 17 Februarie 2019
Registrasie vind plaas tussen 17h00 en 19h00

Hoe

Alle inskrywings moet asseblief Elektronies gedoen word, webskakels na die inskrywing is op:

GoogleDocs : Rietvallei Offisiere Kamp Inskrywing

Kostes

Offisiere/Heemrade: Gratis voor 9 Feb, Na 15 Feb – R250
Voorskool Kinders: Gratis
Laerskool Kinders: R250
Hoërskool Kinders: R340
Nie Voortrekker Lede: R340

Vervoer

Bus vervoer of met eie Voertuig.

Waar?

De Bank Kampterrein Vaaldam, 160km vanaf Pretoria