Gr7 Evaluerings dag.

Rietvallei Voortrekkers bied aan die Graad 7 Evaluerings dag op SATERDAG 20 JULIE 2019

Na afloop van die dag ontvang elke kind n lys met toetspunte met relevante kommentaar.

Betrokke Kommando’s mag dan die uitslae in aanmerking neem vir die uitreiking van die Gr7 Dagbreek Graadwiel.

SLEGS EERSTE 100 INSKRYWINGS WORD AANVAAR.

WAAR: Laerskool Elarduspark, Albertonstraat 548, Elarduspark.

TYDSDUUR:
SATERDAG 20 JULIE 2019
07:00 tot 07:15 Registrasie. Die program sal om 18:30 afsluit.
Wees asseblief betyds. Ons wil stiptelik begin.

KOSTE:
R120.00 vir die dag. Dit sluit toegang, teoretiese en praktiese toetsing en ‘n volledige evaluasie. ‘n Ligte ete en koeldrank vir middagete word ook hierby ingesluit.
GEEN LAAT INSKRYWINGS WORD AANVAAR.

Offisiere, ouers en meelopers betaal R60.00 toegang en dit sluit die koste van ‘n ligte ete en koeldrank vir middagete in.
Elektroniese oorbetaling aan: Rietvallei Voortrekker kommando.

ABSA Bank:
Moreletapark
Takkode: 336-445
Rek nr: 0600-173-308
Verwysing : KOMMANDO NAAM van die kommando wat inskryf.

DRAG:
Formele Voortrekkerdrag (onderbaadjie volgens Prospektus word ook getoets)

SLUITINGSDATUM:
Maandag 15 Julie 2019

INSKRYWINGS:
Inskrywings, tesame met bewys van betaling, moet ge-epos word.
E-pos adres: rietvallei.voortrekkers@gmail.com
Navrae kan gerig word aan Monica Jacobs 083 450 2523

BRING SAAM:
2 Speletjies soos voorberei vir Voorslagkamp
Liedjies soos voorberei vir Voorslagkamp

KEN:
4 Seremonies se bevele en alle posisies.
Ken alle teorie soos in Gr 7 Graadwielboek.

BELANGRIK
Die PDF inskrywingsvorm is elektronies invulbaar, vul asb volledig in.

Inligtigsbrief ;
2019-Gr7-Evaluering-Inligtingsbrief.pdf (13 downloads)

Inskrywings Vorm;
Graad_7_Evaluering_Inskrywing-form-2019.pdf (16 downloads)