Graad 7 Evalueringsdag – 20 Julie 2019


Rietvallei Voortrekkers bied  Graad 7 Evalueringsdag aan op SATERDAG 20 JULIE 2019

Na afloop van die dag ontvang elke kind n lys met toetspunte met relevante kommentaar.

Betrokke Kommando’s mag dan die uitslae in aanmerking neem vir die uitreiking van die Gr7 Dagbreek Graadwiel.

SLEGS EERSTE 100 INSKRYWINGS WORD AANVAAR.

WAAR: Laerskool Elarduspark, Albertonstraat 548, Elarduspark.

TYDSDUUR:
SATERDAG 20 JULIE 2019
07:00 tot 07:15 Registrasie. Die program sal om 18:30 afsluit.
Wees asseblief betyds. Ons wil stiptelik begin.

KOSTE:
R120.00 vir die dag. Dit sluit toegang, teoretiese en praktiese toetsing en ‘n volledige evaluasie. ‘n Ligte ete en koeldrank vir middagete word ook hierby ingesluit.

Sien volledige inligtingsbrief asook inskrywingsvorm by Kommando aanbiedinge.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui